Fotografía de autor

Ebbe Dommisse

Autor de Anton Rupert: A Biography

6 Obras 35 Miembros 1 Reseña

Obras de Ebbe Dommisse

Etiquetado

Conocimiento común

Todavía no hay datos sobre este autor en el Conocimiento Común. Puedes ayudar.

Miembros

Reseñas

Hierdie boek handel oor die lewe van iemand waarvan daar gesê is: die grootste sakeman wat SA nog ooit opgelewer het (p. 504).

Anton Rupert het beskeie grootgeword op die karoodorp Graaff-Reinet, onder mense vir wie die pyn van die verwoesting en vernedering van die Boere-oorlog nog vlak gelê het. Dit is 'n tyd waarin die Afrikaner-nasionalisme begin posvat. Wanneer hy universiteit toe gaan in Pretoria, is dit die Depressie-jare en het hy nie genoeg geld om medies te gaan studeer nie. In plaas daarvan voltooi hy 'n M.Sc in chemie. Hy is op universiteit polities heel bedrywig, maar hy besluit om sy rug op die politiek te keer en eerder 'n sakeman te word. Die redes vir sy besluit word breedvoerig in die boek bespreek. Hy belê £10 in 'n bankrot tabakfabriek omdat hy glo sigarette is 'n produk wat ook in depressie-tye sal verkoop. Dit was 'n kans wat hy gevat het want die tabakbedryf in Suid-Afrika was alreeds gevestig en nuwelinge is nie geduld nie. Die Tweede Wêreldoorlog was aan die gang en tye was moeilik. Hoe Rupert 'n bedryf opbou, totdat hy naas Oppenheimer die tweede rykste man in Suid-Afrika is, is 'n boeiende en inspirerende verhaal.

Die boek beskryf ook baie ander belangstellings en projekte waarby Anton Rupert betrokke was. Hy skyn 'n man met integriteit te gewees het, wat ook omgegee het vir die samelewing rondom hom. Sy bydrae was dikwels om met nuwe praktiese idees vorendag te kom soos bv. met die stigting van die vredesparke en die klein-sake korporasie. Hy het nie net geldelike bydraes gemaak nie, maar ook sy eie tyd en energie ingestort in dinge waarvoor hy omgegee het. Ek was eintlik verbaas om te lees waar hy oral by betrokke was.

Die eerste gedeelte van die boek wat handel oor Anton Rupert se jong lewe en die opbou van sy sakebedryf, was boeiend om te lees. Hierdie omvattende biografie, volgepak met feite en verwysings, kos egter 'n bietjie vasbyt om klaar te lees. Dit is nogtans die moeite werd. Die boek is kort voor Anton Rupert se dood gepubliseer en die skrywer kon dus nog eerstehands stof versamel uit persoonlike gesprekke met Anton Rupert en sy vrou.

Die man is so indrukwekkend en inspirerend dat ek graag meer as 5 sterre aan die boek sou wou toeken. Ongelukkig, lees dit nie deurgaans so vlot nie en die taalversorging is plek-plek 'n bietjie slordig. Dit vind ek besonder jammer, siende dat Anton Rupert homself so baie vir sy taal en die gebruik daarvan omgegee het. Daarteenoor het ek gehou daarvan dat soveel mense wat oor Anton Rupert te vertelle gehad het, woordeliks aangehaal is.

Desondanks die taal, sou ek tog die boek aanbeveel. Veral vir Suid-Afrikaners. Dis inspirerend en geweldig interressant. Hierdie man is een van die reuse op wie se skouers talle mense vandag staan.

… (más)
 
Denunciada
pengvini | Mar 29, 2013 |

Estadísticas

Obras
6
Miembros
35
Popularidad
#405,584
Valoración
4.0
Reseñas
1
ISBNs
9
Idiomas
1